Page 1 of 9073

Afrikaans

Posted: 29 May 2004, 02:00
by Iceblade
Yslem is terug in die groot taal 8)

So waar is die ou volk en nuwe volk wat die taal praat :!:

Julle is hier rond, moenie skaam wees nie :oops:

Afrikaans is lekka

So wie is nog saam met my :?:

Posted: 29 May 2004, 02:06
by DarkAngel
Bly om te sien hier word afrikaans ook gepraat :o

Posted: 29 May 2004, 02:17
by Iceblade
en die visse begin byt :lol:

So wat maak sulke aan gename afrikaans sprekende mense hier :?:

Posted: 29 May 2004, 02:23
by DarkAngel
As die slaap nog nie wil kom nie, is dit altyd lekker om 'n mede afrikaner op die net raak te loop. :wink:

Posted: 29 May 2004, 02:28
by Iceblade
O, ja is nogal skaars of hulle is skaam om dit te praat :lol:

Sien jy is ook vrystater 8)

Vrystaat nie so sleg nie, watter deel is jy die plat deel of die mooi deel daar by Clarens :?:

Posted: 29 May 2004, 02:32
by DarkAngel
Ja, ook 'n Vrystater in murg en been.

Ek is van die koue deel, tussen die mooi berge iewers in die Vrystaat.

Posted: 29 May 2004, 02:34
by Iceblade
:twisted: o maar jy is duister :twisted:

ja wel hier's dit ook koud, baie, maar niks wat sherry nie weer warm maak nie :wink:

Posted: 29 May 2004, 02:37
by DarkAngel
Sit daarby die geknetter van 'n kaggelvuur en dan praat ons van hitte.

Posted: 29 May 2004, 02:44
by Iceblade
8O

Ja is so
maar sit die twee saam en as jy nog iemand kan by sit soveel beter,
net hitte

So hoor jy die kaggel :?:
Kan ek nie maar hitte kom steel nie :?:

Posted: 29 May 2004, 02:51
by DarkAngel
Ja, "the more the merrier(?)" sê die spreekwoord.

Maar die Vrystaat bly nou eenmaal 'n koue plek. Gelukkig nie vir baie lank nie! :roll:

Posted: 29 May 2004, 02:59
by Iceblade
so is dit 'n uitnodiging :D

Jammer ek kan nie die rekenaar na die kaggel vat nie :cry:
Ek soek hitte en hy soek koue :?



Maar wat dan maak ek maar weer my glassie vol 8)

Posted: 29 May 2004, 03:11
by DarkAngel
Dit lyk my die tegnologie wen ook nie alles in die lewe nie. Alles het maar sy voor en nadele.

As jy kan goed kaggelvuur maak en sorg dat dit die hele winter aan hou brand, kan jy maar my sirkel van vriende kom join Ice. :lol:

Posted: 29 May 2004, 05:22
by droplet
hullo daar yslem en donkerengel. ek wonder maar net hoekom julle vir julle iceblade en darkangel noem as julle afrikaans is :)

Posted: 29 May 2004, 06:44
by jee
Seker vir die selfde rede dat jy nie Druppeltjie is nie? *grin*

Hooei ou Haan! ek het 'n probleem! so jy mag maar weer met my praat!

Oh, en jy moet soos ek maak met die koue.... skop jou vrou uit, dra jou babie langs jou bed en sit onder die keberse en speel...... :twisted:

Posted: 29 May 2004, 07:07
by Nuke
bly om te sien dis nie net ek wat koud kry nie. my voorpoot vries af as ek met die muis werk

Posted: 29 May 2004, 11:06
by Iceblade
jee wrote:Seker vir die selfde rede dat jy nie Druppeltjie is nie? *grin*

Hooei ou Haan! ek het 'n probleem! so jy mag maar weer met my praat!

Oh, en jy moet soos ek maak met die koue.... skop jou vrou uit, dra jou babie langs jou bed en sit onder die keberse en speel...... :twisted:

Wel sort jou MSN uit :!:
Ou haan help altyd, maar MSN wys jy's offline :cry:

Sal jou plan volg vir hitte :twisted:

Posted: 29 May 2004, 11:49
by droplet
i'm not afrikaans jee
lol
maar ek probeer om met mense in hulle eie taal te praat
hmmm... druppeltjie klink eintlik nogals mooi :)

Posted: 29 May 2004, 12:00
by Iceblade
droplet wrote:i'm not afrikaans jee
lol
maar ek probeer om met mense in hulle eie taal te praat
hmmm... druppeltjie klink eintlik nogals mooi :)
8O hel jy doen dit nogal goed 8O
Seker jy het nie Afrikaanse bloed in jou nie :wink:

en ja "druppeltjie" klink nice :D

Posted: 29 May 2004, 14:45
by Ridgeback
Jee, 'n druppeltjie... julle is altwee nice. Ek wonder of ons toegelaat word om al die postings in Afrikaans te antwoord ? Sal dit AMOK maak ?
hoeveel van ons wat geregistreer is op die forums is eindlik Afrikaans ?
Sal nogal interresant wees om uit te vind ....

Posted: 29 May 2004, 14:57
by droplet
je veut écrire en français. lirez-vous français?

Posted: 29 May 2004, 15:16
by Slasher
Nee man , jy kannie sulke vloek woorde hier kom rond gooi nie!!

Ek stem saam met yslem ... jy moet 'n bietjie "Dutchman" iewers in jou bloed he :lol:

Ons kan als in Afrikaans antwoord , maar die sal vlam oorloe tot gevolg he 8)

Glo my op daai een, het dit al by varsity se discussion boards getry... gaos...

Is dit nie mooontlik om 'n "poll" te maak oor "Wie is afrikaans"??

Posted: 29 May 2004, 16:18
by Iceblade
Slasher het jou hare al begin terug groei na die vlam oorlog met "noob" :?:

Hel daai ou het jou nie baie gelaaik nie :lol:

So wie gaan telling hou :?:
Iceblade
Slasher
Jee
Ridgeback
DarkAngel
Mal-Gedierte
pSychoSis

en wie nog :?:

Posted: 29 May 2004, 16:25
by Slasher
Mal-Gedierte dink ek is ook 'n afrikaner...

IceBlade... Ek laat my nie afsit deur newb nie ... het net lekker marshmellows in daai vlam oorlog gebraai.... ... ...

Posted: 29 May 2004, 16:42
by pSychoSis
Moet nie van my vergeet nie! Eks ook trots Afrikaans!!

Eintlik moes daai vlam oorlog meer onlangs gebeur het aangesien dit nou so koud is :lol:

Posted: 29 May 2004, 16:44
by Slasher
Ja nee... my klein toonjie is al pot blou van die koue...

Maar vanaand braai ons weer , dan sit ek weer lekker met my voete op die rant van die braaier en ontdooi 8)